Veels geluk aan al die finaliste van die ATKV-Woordveertjies 2019! (Plus: Video)
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het vroeër vandeesmaand die finaliste van die ATKV-Woordveertjies 2019 bekendgemaak.
Die wenners sal op Vrydag 6 September bekroon word tydens ’n spoggeleentheid by die Adam Small-teater op Stellenbosch.
Veels geluk aan al die finaliste van die ATKV-Woordveertjies 2019!
Kyk na die video:
~~~
Lees die persverklaring:
Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies op Vrydag 6 September by die Adam Small-teater in Stellenbosch aangebied word. Tydens hierdie prestige-geleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon.
Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:
ATKV-Prosaprys
- Die dao van Daan van der Walt – Lodewyk G. du Plessis (Tafelberg)
- Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey – Charl-Pierre Naudé (Tafelberg)
- Kinnes – Chase Rhys (Kwela Boeke)
Prys vir Liefdesroman
- Die tragiese saak van Pamina Vermaak – Annie Klopper (Kwela Boeke)
- Blom in die hare – Kristel Loots (LAPA Uitgewers)
- Uit die bloute – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
Prys vir Poësie
- Openbare domein – Daniel Hugo (Naledi)
- Asof geen berge ooit hier gewoon het nie – Pieter Odendaal (Tafelberg)
- Doodmenslik – WL van der Merwe (Protea Boekhuis)
Prys vir Romanses
- Sophia se beskermengel – Malene Breytenbach (Melodie)
- Liefde vir ’n cowboy – Didi Potgieter (Romanza)
- Blameer die skoenlapper – Elsa Winckler (Romanza)
Prys vir Spanningslektuur
- Prooi – Deon Meyer (Human & Rousseau)
- Losprys – Martin Steyn (LAPA Uitgewers)
- Sondag – Irma Venter (Human & Rousseau)
Prys vir Dramateks
- Huishou – Philip Rademeyer
- Klippe wat val – Philip Rademeyer
- Nagskofkliek – Retief Scholtz
Prys vir Niefiksie
- Ingrid Jonker – Petrovna Metelerkamp (Penguin Random House)
- ’n Skerfie glas – Erika Murray-Theron (Protea Boekhuis)
- Die opkoms en ondergang van die NG Kerk – Jean Oosthuizen (Penguin Random House)
Categories Non-fiction South Africa
Tags Adam Small-teater ATKV ATKV-Woordveertjies Book events LAPA Uitgewers Literary Awards Melodie Naledi NB Publishers News Penguin Random House SA Protea Boekhuis Stellenbosch Video