C

So maak jy Pitahamburgers met Griekse jogurtsous! Probeer hierdie gratis resep uit Kosbaar deur Elmarie Berry
 More about the book!

Is een van jou nuwejaarsvoornemens om gesonder te eet? Dan moet jy Elmarie Berry se resep vir Pitahamburgers met Griekse jogurtsous probeer!

Hierdie geurryke resep verskyn in Kosbaar, Elmarie se eerste kookboek wat pas op die rakke verskyn het. In haar eie woorde:

‘Kos is ’n manier en plek om bymekaar te kom, om rustig te raak en om jou hart oop te maak om te deel, lief te hê en lekker te lag. Geniet die reis en samesyn!’

Probeer die resep:

~~~

Pitahamburgers

met Griekse jogurtsous

As daar net een resep in hierdie hoofstuk is wat jy moet probeer, is dit dié een. Hierdie hamburgers is so lekker dat almal hul vingers sal aflek! Dit is ’n maklike dis wat heelwat mense kos kan gee en dus ’n maklike manier om te onthaal.

 

Maak 7 porsies

 

1 kg gemaalde lamsvleis

1 groen appel, fyngerasper

’n hand vol vars koljander, gekap

½ teelepel rooipeper

1 teelepel fyn komyn

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 teelepel sout

1 teelepel varsgemaalde swartpeper

olyfolie om oor patties te smeer

7 vars pitabroodjies

 

JOGURTSOUS

1 koppie Griekse jogurt

2 eetlepels olyfolie

gerasperde skil van 1 suurlemoen

sout en varsgemaalde swartpeper

’n handvol vars koljander, gekap

 

Meng die maalvleis, appel, koljander, rooipeper, komyn, knoffel, sout en peper in ’n mengbak en maak een groot vleisbol.

Draai dit in kleefplastiek toe en laat dit vir ’n uur of selfs oornag in die yskas rus om die geur te verbeter.

Verdeel die vleis in 14 gelyke dele en vorm frikkadelle wat jy platdruk tot ongeveer 8 cm in deursnee (so 80 g elk).  Smeer die patties baie goed met olyfolie.

Braai die patties oor matige warm kole of in ’n warm riffelpan tot dit goudbruin, maar nog sappig is.

 

JOGURTSOUS

Meng die jogurt, olyfolie, suurlemoenskil, sout, peper en koljander in ’n bakkie.

Sny die pitabroodjies in die dwarste deur sodat jy twee halfmaanvorms het. Sny die broodjies in die lengte deur, maar nie heeltemal nie, sodat dit ’n sakkie vorm. Skep ’n lepel of twee van die sous in elke pitabroodjie en plaas twee patties binne-in. Sit nog ’n takkie vars koljanderblare by vir ekstra geur.

~~~

Moenie vergeet nie! Vyf gelukkige lesers kan elk ’n eksemplaar van Kosbaar en ’n bottel Three Gen Cabernet Sauvignon 2018 van Berry Wines wen. Skryf in voor 28 Februarie 2022.

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Book excerpts Book extracts Elmarie Berry Kosbaar Penguin Random House SA Pitahamburgers met Griekse jogurtsous Recipes Resepte


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments