C

Nuut deur top-spioenasieskrywer André Krüger: ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid
 More about the book!

Maak gereed vir ‘n plaaslike spioenasie wipplankrit in ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid deur André Krüger.

Oor die boek

Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro’s van Rossetenville, het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil …

Dit het alles begin met die kaping van die passasierskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert waarvoor almal bereid is om te moor?

Robert sal enigiets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is. Hy het dus geen keuse om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg? Net tyd sal leer …

Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, ’n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook ’n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Scheider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het. Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?

Oor die outeur

André Krüger is ’n spannings- en spioenasieskrywer in ’n ander klas. Sy boeke herinner aan dié van die skrywer Philip Kerr met die karakter Bernie Gunther.

Dit sit nie in enige ou se broek (boek) nie om van deur gevestigde resensent soos Joan Hambidge jou boek geprys te word vir ’n ‘uitstekende debuut’. Enige skrywer wat hou van spanning en spioenasie, met ’n voorkeur vir slim detail en uitstekende navorsing, sal hou van sy werk.

Krüger is gebore 6 Desember 1963 in Johannesburg, en matrikuleer aan Hoërskool Florida in 1981. By RAU. verwerf hy die volgende grade: BA (Regte) in 1989, BA Honneurs (Filosofie) in 1990, MA (Filosofie) in 1993 en BProc. in 1996. In 1999 kwalifiseer hy as prokureur, tot hy die beroep verlaat in 2005 om hom ten volle te skaar by die boekbedryf. Hy is die skrywer van twee boeke, Die twee lewens van Dieter Ondracek en Komplot, wat albei baie goed ontvang is deur die media en resensente. Die twee lewens is ook bekroon met die UJ-prys.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 'n Redelike hoeveelheid moeilikheid Afrikaans André Krüger LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


2 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments