C

Nou beskikbaar by LAPA! Uitverkies deur Noreen Nolte … naaswenner van die LAPA Jeugromankompetisie in 2021/22
 More about the book!

Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde dertien gesigte waarin sy dag-in, dag-uit vaskyk …

Dan word Zia se boetie beseer en hulle het medisyne nodig wat net in die Kolonie gevind kan word agter die hoë, geëlektrifiseerde heinings. Dis haar kans om terug te gaan en self die waarheid te gaan soek. Gaan die antwoorde wat sy kry wees wat sy wil hê of wag daar ’n ver donkerder noodlot op haar?

Oor die outeur

Noreen Nolte woon in die Boland saam met haar gesin. Haar jeugromandebuut, Om te dans, het in 2017 verskyn. Noreen se liefde vir woorde kom al van haar kinderdae in ’n huis vol boeke. Sy het in 1995 in Somerset-Wes gematrikuleer en in 2002 haar M.Sc. in voedselwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Sy het vir ’n paar jaar in die voedselbedryf gewerk, van die Noord-Kaap tot in Gauteng. Hier het sy ’n jare lange liefde vir ballet vol sirkel getrek deur as balletonderwyseres te kwalifiseer. Haar gesin het vir ’n paar jaar geseëvier; toe het die lekkerte van voor af boeke saam met haar kinders ontdek ’n lus vir self skep wakker gemaak.

En nou is dit jou beurt!

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 2021 LAPA Jeugromankompetisie 2023 LAPA-Jeugromankompetisie Afrikaans Jeugroman LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Noreen Nolte Uitverkies YA Young Adult


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments