C

Lus vir iets soets? Probeer Elmarie Berry se flop-vrye Gebakte Souskluitjies-resep uit haar kookboek, Kosbaar
 More about the book!

Is daar enigiets meer Kosbaar as ’n familieresep? Elmarie Berry se jongste kookboek bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte met ’n sterk Libanese invloed – van ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert tot malvapoeding met ’n pinotagesous.

Elmarie het onlangs ’n resep vir Gebakte Souskluitjies op haar webtuiste gedeel. Probeer dit gerus!

Gebakte Souskluitjies

Veral in die wintermaande mis ek my ma se pannekoek en gebakte nagereg. Hierdie resep is een van ons familiegunstelinge, haar flop-vrye souskluitjies. Hierdie resep kom uit my kookboek, Kosbaar

Kaneelstroop

  • 1½ koppie bruinsuiker
  • 1,5 liter water
  • 50 g botter
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • 1 teelepel sout

Kluitjiebeslag

  • 2 koppies koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel wonderpeper (allspice)
  • 100 g sagte botter
  • 2 eiers
  • ½ koppie melk
  • kaneelsuiker na smaak

Metode

Kaneelstroop

  1. Verhit die suiker en ¼ koppie van die water in ’n kastrol. Laat die suiker karamelliseer – moenie roer nie, want dit sal suikerkristalle laat vorm. Jy kan die kastrol heen en weer skud sodat dit makliker meng. Voeg die res van die water by.
  2. Voeg nou die botter, kaneel en sout by en kook vir 3 minute.

Nog resepte:

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Book excerpts Book extracts Elmarie Berry Gebakte souskluitjies Kosbaar Penguin Random House SA Recipes Resepte


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments