Lus vir iets soets? Probeer Elmarie Berry se flop-vrye Gebakte Souskluitjies-resep uit haar kookboek, Kosbaar
More about the book!
Is daar enigiets meer Kosbaar as ’n familieresep? Elmarie Berry se jongste kookboek bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte met ’n sterk Libanese invloed – van ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert tot malvapoeding met ’n pinotagesous.
Elmarie het onlangs ’n resep vir Gebakte Souskluitjies op haar webtuiste gedeel. Probeer dit gerus!
Gebakte Souskluitjies
Veral in die wintermaande mis ek my ma se pannekoek en gebakte nagereg. Hierdie resep is een van ons familiegunstelinge, haar flop-vrye souskluitjies. Hierdie resep kom uit my kookboek, Kosbaar.
Kaneelstroop
- 1½ koppie bruinsuiker
- 1,5 liter water
- 50 g botter
- 1 teelepel fyn kaneel
- 1 teelepel sout
Kluitjiebeslag
- 2 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel wonderpeper (allspice)
- 100 g sagte botter
- 2 eiers
- ½ koppie melk
- kaneelsuiker na smaak
Metode
Kaneelstroop
- Verhit die suiker en ¼ koppie van die water in ’n kastrol. Laat die suiker karamelliseer – moenie roer nie, want dit sal suikerkristalle laat vorm. Jy kan die kastrol heen en weer skud sodat dit makliker meng. Voeg die res van die water by.
- Voeg nou die botter, kaneel en sout by en kook vir 3 minute.
Nog resepte:
- So maak jy Pitahamburgers met Griekse jogurtsous! Probeer hierdie gratis resep uit Kosbaar deur Elmarie Berry
- [Video] Probeer Elmarie Berry se smullekker resep vir Malvapoeding met ’n Pinotagesous uit haar debuutkookboek, Kosbaar
Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa
Tags Book excerpts Book extracts Elmarie Berry Gebakte souskluitjies Kosbaar Penguin Random House SA Recipes Resepte