Kom hou piekniek saam met An-Mari do Carmo by die bekendstelling van Toe als groen was in Bellville! (27 Sep)
More about the book!
Aandag, alle Kapenaars! LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Toe als groen was deur An-Mari do Carmo.
Bring jou piekniekmandjie en kom ontmoet die skrywer by die Vredelust Gemeente in Bellville. Drinkgoed sal voorsien word.
Moenie dit misloop nie!
Besonderhede
Datum: Dinsdag 27 September 2022
Tyd: 18:30
Plek: Vredelust Gemeente, 13de laan 87, Boston, Bellville
Koste: Gratis! Bring vir jou ‘n piekniekmandjie met eetgoed. Drinkgoed sal voorsien word.
RSVP: Vul in die vorm op Google Docs. Vir enige navrae, stuur gerus ‘n e-pos aan info@klaskameraad.co.za.
Lees ook:
- ‘Ek … ek het weggeloop. Ek het nêrens anders om te gaan nie’: Lees ’n uittreksel uit Toe als groen was deur An-Mari do Carmo
- ‘Ek was banger vir my ma om dit te lees as om dit in die res van die wêreld in te stuur!’ An-Mari do Carmo gesels oor Toe als groen was
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans An-Mari do Carmo Belville Boekbekendstelling Book events Book launches LAPA LAPA Uitgewers Toe als groen was