C

‘Ek was banger vir my ma om dit te lees as om dit in die res van die wêreld in te stuur!’ An-Mari do Carmo gesels oor Toe als groen was
 More about the book!

Toe als groen was deur An-Mari do Carmo het onlangs by LAPA Uitgewers verskyn onder hul Christelike druknaam, LUCA. Cliffordene Norton het met die skrywer gesels oor haar treffende debuut wat gebaseer is op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal, waarvan sy deel was.

In Toe als groen was, loop die hoofkarakter Marné op haar agtiende verjaarsdag weg van die huis af. Sy begin ’n nuwe lewe by haar tannie in Klerksdorp, maar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek van die sendingdogtertjie wat sy eens was nie.

Lees die onderhoud:

Toe als groen was is grootliks deur jou persoonlike ervaring geïnspireer. Ek neem aan dis moeiliker om dit in die wêreld uit te stuur. Het jy enige voorbehoude gehad om die boek te publiseer?

Om eerlik te wees, ek was banger vir my ma om dit te lees as om dit in die res van die wêreld in te stuur! Haha. (Sy het baie positief gereageer, as jy dalk nuuskierig is.) Maar nee, ek is nogal geneig om te ‘overshare’, so dit was nie vir my moeilik om dit te publiseer nie. Wat ook help, dink ek, is dat feit en fiksie so vermeng is dat dit my ’n lagie van anonimiteit en beskerming gee.

Die verhaal speel in die hede en verlede af. Hoe het jy die tonele wat in die verlede afgespeel het, gekies?

Ek het tonele geskep waar ’n baie spesifieke eienskap van die Sending uitgebeeld word, sowel as die effek wat dit op ’n jong kind se psige het. Ek wou kort, kragtige flitse skep wat die leser in daardie wêreld in ruk – sterk gekontrasteer met die ‘gewone’ lewe buite die Sending. Baie van daardie tonele is ook gebaseer op my eie ervarings en herinneringe. Die preke byvoorbeeld is als afkomstig van dienste waarin ek self gesit het of wat ek amper verbatim van KSB se webwerf gekry het.

Categories Africa Fiction South Africa

Tags Afrikaans An-Mari do Carmo Book Reviews Interviews LAPA LAPA Uitgewers LUCA Toe als groen was


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments