C

‘Hare was nog nooit net hare nie.’ Lees ‘n onderhoud met Bianca Flanders oor haar boek Prinses Pampoenpit (Plus: Video!)
 More about the book!

‘In ons land was hare altyd political. Hare was nog nooit net hare nie.’ So sê Bianca Flanders, aktrise, stemkunstenaar en skrywer van die kinderboek Prinses Pampoenpit.

En ‘n prentjieboek is ook nie altyd net ‘n prentjieboek nie. Prinses Pampoenpit is ’n ongelooflike mooi boek oor ’n meisie wat haar krulle moet leer liefkry – sy kan gewoon nie lyk soos haar maatjies met die gladde hare nie.

Bianca is ’n bekende aktrise en doen baie as aktivis om natuurlike hare positief te maak. Hierdie boek se Engelse weergawe, Pumpkin Finds Her Queen, is reeds uitverkoop en is al herdruk.

Bianca het met Cliffordene Norton gesels oor die boek en haar hoop dat dit kinders sal help om hulself te aanvaar.

Lees die onderhoud:

Wat het jou geïnspireer om hierdie boek te skryf?

As ’n kind het ek baie gesukkel met my hare. Ek het rêrig my hare gehaat en dit het baie lank gevat om te leer hoe om my hare lief te hê. Ek wou die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie. As kinders selfvertroue kan kry en hulself lief kan hê, dan kan hulle dink aan belangriker dinge, soos hoe om president of ’n pilot te word.

Lees ook:

Bianca was verlede jaar ‘n gas op die Expresso Show waar sy oor haar boek gesels het.

Kyk na die video:

Jy kan nou saam met Bianca Flanders op Donderdag 12 Maart by die US Woordfees kom kuier. Koop jy kaartjies nou!

Foto’s met dank aan Izak de Vries

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Bianca Flanders Expresso Interviews LAPA LAPA Uitgewers Litnet Prinses Pampoenpit Pumpkin finds her queen Video


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments