C

Daar was nie sulke boeke toe ons kinders was nie – LAPA-skrywers vier diversiteit in kinderliteratuur in Distrik Ses

Op Dinsdag, 3 Desember, het LAPA Uitgewers en die Otto-Stigting ’n geselligheid gehou in die Liyabona Biblioteek, Distrik Ses.

Bianca Flanders, Susan Ongansie en André Trantraal het oor hul nuutste boeke gesels en elkeen was dit eens dat hulle hierdie boeke geskryf het omdat daar nie sulke boeke was toe hulle klein was nie.

Foto’s (van links na regs): Skrywers Susan Ongansie en André Trantraal saam met Izak de Vries.
Hooffoto: Bianca Flanders en Dean Bali op kitaar.

Susan Ongansie se Kattekwaad gaan oor ’n huiskatjie wat twee straatkatte ontmoet. Die klasverskil is baie duidelik in die storie, maar Ongansie sê ook dat kinders met katte assosieer en sodoende die storie makliker verstaan. Die huiskatte en die straatkatte speel uiteindelik saam.

Keegan en Samier, die sleutelspeurders is die eerste in ’n reeks boekies oor Keegan en Samier, twee maats wat op die Kaapse Vlakte woon. André Trantraal, ’n bekende kunstenaar, is die skrywer en die illustreerder. Die pragtige volkleurtekeninge beeld tonele uit van die omgewing waarin hy grootgeword het.

Bianca Flanders se Prinses Pampoenpit is ’n ongelooflike mooi boek oor ’n meisie wat haar krulle moet leer liefkry – sy kan gewoon nie lyk soos haar maatjies met die gladde hare nie. Flanders is ’n bekende aktrise en doen baie as aktivis om natuurlike hare positief te maak. Hierdie boek se Engelse weergawe, Pumpkin Finds Her Queen, is reeds uitverkoop en is al herdruk.

Om die geleentheid af te sluit, het Nanette van Rooyen haar nuwe boek Die 17de veer oorhandig aan tannies Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker. Dié twee kookpotdiva’s maak ’n kameeverskyning in Van Rooyen se teks.

~~~

We wrote these books because we did not have them as kids

On Tuesday, 3 December, LAPA and the Otto Foundation hosted an event at the Liyabona Library in Holy Cross Primary School, District Six.

On stage were Bianca Flanders, André Trantraal and Susan Ongansie. Each wrote books which reflected parts of their upbringing.

Bianca Flanders, the youngest, wrote about how hard it was for a person of colour to love her hair when she was younger. Her book, Pumpkin Pie, is a bestseller, with the first print run already sold out. Last week she was the bestselling South African children’s book author.

André Trantraal, a well-known graphic artist, wrote a story about kids growing up on the Cape Flats, just as he did.

Susan Ongansie, a teacher, chose cats for characters, but the distinction between the house cats and the street cats were clearly allegorical about class differences in our country.

Each one of them said that they had chosen to write the kind of book that did not exist when they used to be eager readers in the libraries of their youth.

Pumpkin Finds Her Queen by Bianca Flanders, Keegan en Samier, die sleutelspeurders by André Trantraal and Kattekwaad by Susan Ongansie are published by LAPA.

To end the day author Nanette van Rooyen handed copies of her latest book, Die 17de veer, to aunties Koelsoem Kamalie and Flori Schrikker, the doyens of Cape cooking. They make a cameo appearance in her book.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Andre Trantraal Bianca Flanders Book events Distrik Ses Events Flori Schrikker Koelsoem Kamalie LAPA LAPA Uitgewers Liyabona Library Nanette van Rooyen Otto Foundation Susan Ongansie


2 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments