C

Dol Heuning wen ’n derde prys – en SJ Naudé maak sy stem dik oor kwessies rondom inklusiwitieit en Afrikaans
 More about the book!

SJ Naudé is verlede week bekroon met die UJ-vertaalprys vir sy vertaling van Dol Heuning na Mad Honey. Dit is die derde prys waarmee die bundel kortverhale vanjaar wegstap:

Die skrywer het egter van die geleentheid gebruik gemaak om te praat oor kwessies rondom inklusiwitieit en Afrikaans. Dit na aanleiding van ’n rubriek deur Hennie van Koller wat op 3 Mei in die Volksblad verskyn het waarin hy hom uitspreek oor die gebrek aan sogenaamde ‘gewone gesinne’ in kinder- en jeugboeke:

‘Van die sentimente wat dit onderlê het my verbaas en ontstem,’ sê die skrywer in sy toespraak. ‘Daar is per slot van sake baie verskillende maniere van wees in die wêreld, en al daardie maniere verdien ’n plek in die taal waarin ek skryf.’

Lees die persverklaring:

Dol Heuning wen ’n derde prys – en skrywer maak sy stem dik

Op dieselfde dag wat SJ Naudé vir sy nuutste boek, Mad Honey, bekroon is, het hy hom ook uitgespreek teen onverdraagsaamheid in Afrikaans tydens sy aanvaardingsrede van die Hertzogprys vir Literatuur 2022.

Naudé is gister aangewys as die wenner van die UJ-vertaalprys vir sy vertaling van sy boek Dol Heuning. Beide die Afrikaanse en Engelse weergawes (Mad Honey) het in 2021 by Umuzi, ’n druknaam van Penguin Random House, verskyn. Dol heuning het reeds vanjaar die UJ-prys en die Hertzogprys vir literatuur verower. Naudé is die eerste skrywer wat die Hertzogprys twee keer ná mekaar ontvang het.

Naudé begin sy aanvaardingsrede deur te sê hy sou liefs die kreatiewe wou vier deur ’n gedeelte voor te lees uit ’n roman waaraan hy tans werk. Hy het egter besluit om te reageer op ’n rubriek wat op 3 Mei in die Volksblad verskyn het.

Die rubriek, wat met verskyning wye reaksie ontlok het, bevat volgens Naudé ‘helaas, ’n paar onthutsende vooroordele en wanopvattinge’. Hy redeneer dat die sentimente en ingesteldheid van die sprekers van ’n taal, ook met die taal geassosieer word.

‘’n Seker manier om mense ontuis te laat voel in Afrikaans en die taal in haar weerlose posisie skade aan te doen, is om onsensitiewe sentimente uit te druk oor wie normaal sou wees en wie al dan nie, wie in die kern sou wees en wie maar liewers op die rande moet bly beweeg. Dit is dié gesindheid wat die huis van Afrikaans sou laat leegloop. Liefdeloosheid wen niemand vir ’n taal nie.’

Einde

Kyk na die video – Naudé se toespraak begin rondom 51 minute:

Lees ook:

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Dol heuning Hennie van Koller Mad Honey Penguin Random House SA Persverklaring Press Release SJ Naudé UJ-vertaalprys


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments