C

‘Die wisselwerking tussen mens en mens fassineer my’: Lees ’n onderhoud met Stella se dogters-outeur, Helene de Kock
 More about the book!

Amanda Claassens het onlangs met Helene de Kock gesels oor haar kleurryke skryfloopbaan asook haar jongste roman, Stella se dogters, wat pas by Penguin Random House SA verskyn het.

Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters – en hulle het probleme. Julia word verbaal mishandel, Pauli is verlief op die verkeerde man en Teresa is broser as wat mense dink.

Lees die onderhoud:

V:  In watter genres skryf jy graag?

A: Ek hou van verskillende genres. Ek skryf egter meesal verhoudingsverhale. Dit wil sê oor die ontwikkeling van die verwikkelde verhouding tussen ’n man en ’n vrou asook tussen hulle en die mense rondom hulle. Geen liefdesverhouding bestaan in ’n vakuum nie. Daar is altyd ouers, sibbe, familie en vriende wat die een of ander invloed op die verhouding het. Die wisselwerking tussen mens en mens fassineer my.

V: ’n Vraag oor Stella se dogters, jou nuutste verhoudingsroman. Die flapteks praat van drie dogters wat almal tot ’n mate aan ontkenning ly. Waar het die gedagte ontstaan om te skryf oor ’n ma en dogters met unieke maar deels ooreenstemmende probleme?

A: Dit is werklik baie moeilik om die oorsprong van ’n boek neer te pen. Die stimulus vervaag sodra mens in alle erns begin skryf. Ek ken die Oos-Vrystaat goed omdat ek lewenslank daar kom en vir  amper ’n dekade lank daar gewoon het. Daardie wêreld het my ingetrek en vasgehou. Die ruimte, beide konkreet en abstrak, ken ek dus goed. Ek vermoed ek het toe ek Stella se dogters moes skryf, ’n fiktiewe plaas in daardie streek uitgedink en gewonder of daar dalk ’n weduwee boer.

Lees ook:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Amanda Claassens Helene de Kock Interviews Onderhoud Penguin Random House SA Penpunt Stella se dogters


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments