C

Die eerste twee uitgawes in die Romanza Nostalgie-reeks is hier! Onthou jy nog die stories deur Dina Botha en Madelie Human?
 More about the book!

Romanza Nostalgie: Madelie Human

Romanza is vanjaar vyftien jaar oud. Om dit te gedenk, het LAPA ses van die suksesvolste skrywers se gewildste stories saamgebondel as Romanza Nostalgie. Slegs 1500 van hierdie versamelstukke word gedruk. Koop joune voor hulle op is.

In die bundel is daar twee van Dina Botha se verhale.

Jy is die een

De Wet Erasmus is skoon bombefoeterd oor sy nuwe huismaat. Daar’s skielik net te veel goed, te veel vróú in sy huis. Roni versondig sy siel graag, nie bedag op wat in dié strak wetenskaplike skuil nie.

Optelgoed is hougoed

Brink de Meyer se terugkoms Sitrusville toe het al wat hubare vroumens is op hol. Almal behalwe Tharien. Hy’s van die bodorp en sy ’n motorwerktuigkundige. Maar Brink draai net om haar. Onthou hy nie hulle geskiedenis nie?

***

Romanza Nostalgie: Dina Botha

Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf.

Duiwel in ’n snyerspak 

Brandt Faber is hard, onwrikbaar, onstuitbaar. Hy draai nie doekies om nie, Leana moet hom betaal – met haar vriendskap, geselskap, haar lyf. Om wraak te neem, het sy hom nodig. Maar hý lê die reëls neer.

Mooiste man

Hy’s ’n mooi man. Te mooi. En mooi mans maak seer, vernietig. Nou is daar weer so ’n man in Zenlee se lewe, te mooi om waar te wees. Sal sy ooit aanvaar dat Bismarck Nel eerbaar kan wees?

 

***

Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Dina Botha Duiwel in ’n snyerspak Jy is die een LAPA LAPA Uitgewers Madelie Human Mooiste man New books New releases Optelgoed is hougoed Romanza Romanza Nostalgie Romanza Nostalgie-reeks


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments