C

Chanette Paul gesels met Izak de Vries oor Lira, wenner van die Prys vir Liefdesromans by die 2020 ATKV-Woordveertjies
 More about the book!

Chanette Paul is onlangs bekroon met ’n 2020 ATKV-Woordveertjie vir Lira – die eerste roman in haar Vywervrou-trilogie.

Lira het die Prys vir Liefdesromans gewen en aan Chanette haar vierde Veertjie besorg. Haar vorige wenromans was Ewebeeld (2015), Offerande (2017) en Uit die bloute (2019).

Izak de Vries het met Chanette gesels oor haar roman en hoe dit die liefdesroman-genre op sy kop draai.

Lees die onderhoud:

LitNet het onlangs ’n akademiese artikel deur Delano van der Linde geplaas wat handel oor die wetlike definisie van verkragting wat sodanig aangepas is dat ’n man skuldig bevind kan word aan die verkragting van sy eie vrou. Ek beskou dit nie as ’n spoiler nie om te sê dat Mirre, wat ons in hierdie roman leer ken, deur haar eggenoot verkrag word in die volgende roman. In Lira is die oploop sigbaar; die emosionele vernietiging is reeds daar. En tog is Lira, soos Mirre en Corali, liefdesromans wat pryse wen (en dalk nog gaan wen). Jy bewys oor en oor dat jou stories oor die liefde nie hoef weg te skram van die werklikheid nie. Hoekom?

Eintlik is die term ‘liefdesroman’ misleidend. Anders as die romanse gaan die liefdesroman wel om met die werklikheid en die werklikheid is nie mooi nie. Romantiese verbintenisse is dikwels juis die broeiplek van geweld. Vroue word verkrag, ook deur hulle mans. Mense word vermoor deur lewensmaats.

Ontspanningsfiksie in die breë, insluitende romantiese fiksie, kan dieselfde temas aanpak as fiksie in enige ander gedaante. Dis net meer toeganklik en word anders aangebied as byvoorbeeld in hoogs literêre werke.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans ATKV-Woordveertjies 2020 Interviews Izak de Vries LAPA LAPA Uitgewers Litnet Onderhoude Prys vir Liefdesromans


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments