C

Bederftyd die Kerstyd … Vind weer liefde in vier splinternuwe Romanzas!
 More about the book!

Vul jou kerskous met vier pragtige liefdesverhale deur Elsa Winckler, Madelie Human, Dina Botha en Rina Cilliers – nou beskikbaar by LAPA Uitgewers!

Kersfeeswonderwerk deur Elsa Winckler

KersfeeswonderwerkJess Faber is groot vriende met haar vriendin Sabella se swaer, die bekende sjef Erasmus Steyn. Sy is nie onbewus van hoe aantreklik hy is nie, maar sy is nie van plan om ooit te trou nie. Om vriende te wees is net baie minder gekompliseerd.

Maar toe kry sy nie die bevordering wat sy gehoop het sy sal kry en besluit om al haar lysies en boksies weg te gooi. Sy oorweeg selfs ’n one-night stand met ’n vreemdeling.

Toe Erasmus ewe hulpvaardig aanbied om haar one-night stand te wees, verander hulle vriendskap binne minute in iets heeltemal anders.

Jess is huiwerig om haar hart oop te maak vir liefde en bly skuil agter haar ongelukkige kinderjare. Kan ’n kersfeeswonderwerk twee harte een maak?

Oor die outeur

Elsa skryf sedert 2008 en sy is mal oor liefdesverhale, veral wanneer ’n soenery betrokke is – tot haar drie kinders se groot verleentheid. Manlief gee gelukkig glad nie om nie. Wanneer sy nie oor die liefde skryf nie, speel sy met haar kleinkinders, brei of verken een van die baie paadjies langs die see. Saans en naweke sal jy vir haar en haar man voor die televisie kry. Sy is dol oor haar kinders en versot op haar kleinkinders. Niks verskaf vir haar groter vreugde as om kos te maak vir hulle vir wie sy lief is nie.

***

Soene onder die Kersboom deur Madelie Human

Soene onder die kersboomSerina Bothma kom pas uit ’n lang verhouding wat sleg geeïndig het en wil niks van mans weet nie. Maar Tiaan, een van haar leerders in haar graad een klas, het egter besluit dat sy die perfekte pasmaat sal wees vir sy enkellopende pa, Hugo.

Serina daag toevallig by dieselfde vakansieplek as Tiaan en Hugo op. Hugo vermoed dat sy hom agtervolg het soontoe, maar is nie van plan om met haar betrokke te raak nie, al bekoor haar sagte stem en mooi oë hom. Serina wil self nie haar nuutgevonde vryheid prysgee nie en beplan om te begin skryf. Die enigste probleem is dat geen man haar al ooit so aangeraak het soos Hugo nie.

Serina en Hugo probeer mekaar vermy, maar klein Tiaan het ander idees. Hy smee allerhande planne dat die twee gedurig in mekaar se geselskap beland. Hy hét mos vir Kersvader gevra dat sy pappa met sy juffrou moet trou. En vir Kersvader is niks onmoontlik nie…

Oor die outeur

Skryf was nog altyd ’n deel van Madelie Human se lewe, maar sy het eers op vyftig ernstig begin skryf. ’n Vriendin het haar uitgedaag om fiksie te skryf, en romanse was die logiese keuse omdat dit haar gunstelinggenre is om te lees. In 2008 publiseer LAPA haar eerste Romanza en dit wen ’n Woordveertjie. Madelie is nou ’n gevestigde skrywer met meer as dertig Romanzas op haar kerfstok.

***

Dis effens gekompliseerd deur Dina Botha

Dis effens gekompliseerdWat doen ’n meisie wanneer sy haar verlowing verbreek en op dieselfde dag haar in ’n uiters aantreklike skrywer vasloop? Een wat haar uit die staanspoor van haar eks verloofde laat vergeet. Dis die dilemma waarin Miaan Swiegers haar bevind.

Alex Combrinck is boonop die ridderlike tipe en red haar uit ’n ongemaklike situasie. Eintlik meer as een keer. Hy nooi haar na sy ouers se hotel vir die kerstyd en teen haar beterwete stem sy in. Miaan durf egter nie vir die aantreklike Alex val nie, want sy het ’n verlede. Met drie verbreekte verlowings op haar kerfstok kan sy onmoontlik nie goeie trou materiaal wees nie.

Sy erken dit ook prontuit. Wat haar betref hou die liefde nie vir altyd nie. Sy waarsku Alex om nié op haar verlief te raak nie. Sy gaan dalk net sy hart breek. Of hy gaan luister is egter ’n ander saak.

Oor die outeur

Dina Botha glo liefde is soos om ’n klippie in ’n poel water te gooi. Die rimpeleffek kan nie anders as om ander mense se lewe te raak nie. Daarom skryf sy al vir 11 jaar liefdesverhale. Sy is in Pretoria gebore en woon in Centurion. Op skool het sy Ena Murray, Elmar Steyn en ander bekendes se boeke verslind.

***

Locum op ski’s deur Rina Cilliers

Locum op ski'sDat Yentl Beylstra as tweejarige ’n tante geword het was destyds voorbladnuus in die kontreikoerant. Met ’n volksvreemde naam soos hare, is sy as graadagt leerling in ’n nuwe skool deur die hoofseun, Wicus Willers, van ’n klomp koggelende matrieks gered. Hy sorg vir die bynaam Gentle-Yentl, minwetende dat hy die oorsaak was vir haar eerste, en mees geheime drome, oor die liefde nie.

Jare later, na ’n mislukte verlowing, oorreed haar neef, Bertus, haar om as locum vir hom in ’n tandartspraktyk in Engeland in te staan. Daar ontmoet sy in vreemde omstandighede Bertus se huismaat, Wicus – die einste hoofseun van haar tienerliefde. Sy ontdek dat haar gevoelens net latent gewag het om soos sjampanje weer na die oppervlak te borrel.

Tussen die eeue-oue geboue ontdek sy uiteindelik die oerwete van dit wat tussen ’n man en vrou gebeur wanneer twee siele vervleg.

Oor die outeur

Rina Cilliers woon saam met haar eggenoot op Hartenbos, sogenaamd afgetree. Sy was bevoorreg om voltyds ma (van vier kinders) en tuisteskepper te wees, het al vele kere in haar lewe op verskeie plekke gebly, maar hulle kinders het hoofsaaklik skole en universiteit in Pretoria bygewoon, waar hulle vir 25 jaar gebly het, en daarna Kaap toe en toe Greyton toe wat die punt van haar hart was. Buiten ma en vrou wees, is haar lewe interessant, kreatief en bowenal, positief; dis in hierdie gees wat hulle ’n hegte familie gevorm het.

***

Romanzas maak die beste geskenke

Bederf jouself (of iemand spesiaal) elke maand met nuwe liefdesverhale …

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Dina Botha Dis effens gekompliseerd Elsa Winckler Kersfeeswonderwerk LAPA LAPA Uitgewers Locum op ski's Madelie Human New books New releases Rina Cilliers Romanza RomanzaKlub Soene onder die Kersboom


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments