C

So maak jy overbeterlike Noord-Kaapse vyekonfyt! Kry nou jou gratis resep uit Huiskos deur Herman Lensing
 More about the book!

Herman Lensing Huiskos

Weet jy wat maak ’n goeie Kersgeskenk? Tuisgemaakte konfyt! Probeer Herman Lensing se resep vir Noord-Kaapse vyekonfyt uit sy jongste kookboek, Huiskos.

  • Are figs your jam? Huiskos is also available as Home Cooking.

Herman onthou …

‘As jy my goed ken, sal jy weet ek het ’n baie sagte plek in my hart vir vyekonfyt. Ek eet dit graag op tuisgebakte brood met baie botter en goeie kaas.’

Noord-Kaapse vyekonfyt

Maak sowat 500 ml

Bestanddele

  • 1 kg ryp vye, geskil
  • 1 kg (1,250 ml) suiker
  • 100 ml water
  • 2 kruienaaltjies

Metode

  1. Sny die geskilde vye in kwarte. Plaas die vye, suiker, water en naaltjies in ’n kastrol.
  2. Verhit en hou aan roer tot die suiker gesmelt het. Die mengsel moenie begin kook voor die suiker heeltemal gesmelt het nie.
  3. Doop ’n kombuiskwas in ’n bakkie koue water en vee die suiker wat teen die rand van die kastrol opkook daarmee af.
  4. Laat die konfyt oor ’n lae hitte vir sowat 30—40 minute prut.
  5. Skep skuim af wat vorm soos konfyt kook. Hoe stadiger die konfyt kook, hoe mooier is sy kleur.
  6. Plaas ’n bordjie in die yskas. Drup van die warm stroop op die koue bord. Trek jou vinger deur die stroop en as die spoor daar bly, is die konfyt reg.
  7. Skep die warm konfyt in gesteriliseerde flesse. Maak toe en laat onderstebo afkoel.

Nog resepte:

Categories Afrikaans Cookery South Africa

Tags Afrikaans Cookbooks Herman Lensing Huiskos Noord-Kaapse vyekonfyt Penguin Random House SA Recipes


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments