C

Die noodlot het ander planne vir Evan en Anya in Ware noord deur Elsa Winckler
 More about the book!

Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot die dag wat sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is die intense skuldgevoel, die woede. Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede.

Drie jaar later speel hy vir die Springbokke. Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. En Evan weet: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie.

Oor die outeur

Vir solank as wat Elsa Winckler kan onthou, lees sy liefdesverhale en toe sy die klassieke skrywers soos Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James, die Brontë susters, ensovoorts tydens haar honneursstudies ‘ontmoet’ het, was dit soos om huis toe te kom.

Om self ’n liefdesverhaal te probeer skryf, was ’n logiese volgende stap. Op die manier kon sy uiteindelik al die gesprekke wat naamlose gesigte gereeld in haar kop voer, neerskryf. Sy is met haar studenteliefde getroud en ná 39 jaar, drie interessante kinders en drie pragtige kleinseuns, maak hy, soos dit ’n held betaam, nog altyd haar knieë lam. Hulle is van die gelukkige mense wat op Bettysbaai bly waar die see voor hulle lê en ’n berg hoog agter hulle uittroon.

Die lewe tot dusver was beslis nie altyd perfek nie, maar altyd interessant. Die heldinne in haar stories is onafhanklik, hardekwas en nie skaam om hulle sê te sê nie. Die helde is sterk, maar is ook sensitief vir die onderskeie heldinne se behoeftes. En natuurlik is hulle altyd sexy en onmoontlik aantreklik! Sy hou daarvan om die karakters se huislike omstandighede in te bring sodat die leser hulle beter kan verstaan.

Nou beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Fiction

Tags Afrikaans Elsa Winckler LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Ware noord


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments