C

Ontvlug na ’n beter tyd met Wenkbrou se jongste e-rotika, Liefde in die tyd van Corona deur Elsa Winkler
 More about the book!

Toe die inperking aangekondig word, het Jenna pas haar verloofde en strooimeisie saam in die bed gevang. Sy het verkoue, ’n gebreekte hart en die behoefte om weg te kom van almal se simpatieke kyke. ’n Vriendin bied haar die gebruik van ’n strandhuis op Waenhuiskrans aan wat op die oomblik na die regte medisyne klink.

Vir die Jacques is die idee om vir drie weke stoksielalleen te bly die heerlikste vooruitsig. Waarop hy nie voorbereid was nie, was die lang blondine in die sitkamer van sy strandhuis. Dit maak nie saak hoe sexy sy is of hoe lank haar bene is nie, dis sy huis en die meisie moet eenvoudig ’n ander plan maak.

Maar in die tyd van die Corona is niks eenvoudig nie.

Oor die outeur

Vir solank as wat Elsa Winckler kan onthou, lees sy liefdesverhale en toe sy die klassieke skrywers soos Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James, die Brontë susters, ensovoorts tydens haar honneursstudies ‘ontmoet’ het, was dit soos om huis toe te kom.

Om self ’n liefdesverhaal te probeer skryf, was ’n logiese volgende stap. Op die manier kon sy uiteindelik al die gesprekke wat naamlose gesigte gereeld in haar kop voer, neerskryf. Sy is met haar studenteliefde getroud en ná 39 jaar, drie interessante kinders en drie pragtige kleinseuns, maak hy, soos dit ’n held betaam, nog altyd haar knieë lam. Hulle is van die gelukkige mense wat op Bettysbaai bly waar die see voor hulle lê en ’n berg hoog agter hulle uittroon.

Die lewe tot dusver was beslis nie altyd perfek nie, maar altyd interessant. Die heldinne in haar stories is onafhanklik, hardekwas en nie skaam om hulle sê te sê nie. Die helde is sterk, maar is ook sensitief vir die onderskeie heldinne se behoeftes. En natuurlik is hulle altyd sexy en onmoontlik aantreklik! Sy hou daarvan om die karakters se huislike omstandighede in te bring sodat die leser hulle beter kan verstaan.

Nou beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans e-rotika ebooks Elsa Winckler LAPA Uitgewers Liefde in die tyd van Corona New books New releases Wênkbrou


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments