C

Vier susters deur Gerda Taljaard benoem vir ’n ATKV-Woordveertjie 2022!
 More about the book!

Aandag! Die finaliste vir die ATKV-Woordveertjies 2022 is pas bekendgemaak met Vier susters deur Gerda Taljaard op die kortlys vir die ATKV-Prosaprys!

‘Dit was beslis nie vir die beoordelaars ’n maklike taak om die finaliste te kies nie,’ sê Sonél Brits, besturende direkteur: ATKV-MSW. Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer en is ook onlangs benoem vir die kykNET-Rapportprys: Fiksie

Veels geluk en sterkte, Gerda! Die wenners sal vanaf 13 tot 16 September 2022 op die ATKV se Facebookblad bekend gemaak word.

Lees die persverklaring:

Skud jou vere reg, want dit is weer daardie tyd van die jaar wat die ATKV skrywers se uitsonderlike pennevrug, toewyding en kreatiwiteit vier. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord.

‘Dis vir die ATKV ’n groot voorreg om elke jaar eer te gee aan dié wat dit vir lesers moontlik maak om nuwe wêrelde te ontdek deur die geskrewe woord,’ sê Sonél Brits, besturende direkteur: ATKV-MSW.

‘Vanjaar is geen uitsondering nie en die inskrywings was van hoogstaande gehalte. Dit was beslis nie vir die beoordelaars ’n maklike taak om die finaliste te kies nie. Ons sien uit om binnekort die wenners bekend te maak en om vir hulle te wys dat ons hulle werk in Afrikaans raaksien en waardeer.’

Die wenners sal vanaf 13 tot 16 September op die ATKV se Facebookblad bekend gemaak word.

Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë sluit in:

ATKV-Prosaprys

  • Man op ’n fiets êrens heen – Frederik de Jager (Protea Boekhuis)
  • Vier susters – Gerda Taljaard (Penguin Random House SA)
  • Veldhospitaal 12 – Marinda van Zyl (Tafelberg)

Prys vir Liefdesroman

  • Elisabet se oorlog – Helene de Kock (Human & Rousseau)
  • Na ’n plaas in Afrika – Irma Joubert (LAPA Uitgewers)
  • Marilyn – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)

Prys vir Poësie

  • Swatland – Ashwin Arendse (Kwela Boeke)
  • Nomadiese sterre – Joan Hambidge (Protea Boekhuis)
  • Klinkklaar – Daniel Hugo (Protea Boekhuis)

Prys vir Romanses

  • Die Kersfeeslysie – Dina Botha (Romanza)
  • Weergalose liefde – Marie-Louise Cronjé (Romanza)
  • Omdat jy my gesoen het – Elsa Winckler (Romanza)

Prys vir Spanningslektuur

  • Gerugte van ’n ontvoering – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Hartedief – Rudie van Rensburg (Queillerie)
  • Ivoor – Jaco Wolmarans (Tafelberg)

Prys vir Dramateks

  • Bettie, revolusie en dié woord – Lee Doubell
  • Bitterfontein – Corlia Fourie
  • Oom Bey, my pa – Henque Heymans

Prys vir Niefiksie

  • Afrikaner-sondebok: Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwagleier – Albert Blake (Jonathan Ball Uitgewers)
  • Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate – Ebbe Dommisse (Jonathan Ball Uitgewers)
  • Van Humpata tot Upingtonia – Nicol Stassen (Protea Boekhuis)

Die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings, ’n kategorie waar die kinders self vir hulle gunstelingboeke en -illustrasies stem, word ook saam met die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse en die Toekenning vir Leesbevordering aangekondig. Dié wenners in die drie kategorieë sal ook tussen 13 en 16 September op Facebook bekendgemaak word.

Einde

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans ATKV-Prosaprys ATKV-Woordveertjies 2022 Gerda Taljaard Penguin Random House SA Vier susters


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments