C

Vier susters deur Gerda Taljaard benoem vir die kykNET-Rapport-boekpryse 2022!
 More about the book!

Aandag! Gerda Taljaard se priemende roman, Vier susters, is pas benoem vir die kykNET-Rapportprys: Fiksie. Die kykNET-Rapport-boekpryse 2022 word toegeken aan die beste Afrikaanse fiksie en niefiksie wat in 2021 verskyn het.

In Vier susters word die tradisies van die historiese en die plaasroman omgekeer. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag. En op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters: Ivy, Sophié, Beatrice en Kietie …

Die boek deel die kortlys met Vin deur Lien Botha (Queillerie) en Kompoun deur Ronelda Kamfer (Kwela).

Die prysgeld beloop vanjaar altesaam een miljoen rand. Pryse word soos volg toegeken:

  • R300,000 elk vir die kykNET-Rapportprys vir fiksie en niefiksie onderskeidelik
  • R155,000 vir die kykNET-Rapport-filmprys
  • R155,000 vir die Jan Rabie-Rapportprys
  • R30,000 elk vir drie resensiepryse

Die wenners word op Saterdag, 24 September, in Kaapstad aangekondig.

Lees ook:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Gerda Taljaard kykNET-Rapport-boekpryse 2022 kykNET-Rapportprys: Fiksie News Penguin Random House SA Vier susters


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments