C

[Video] ‘Wat word vernietig as ons die toekoms in gaan?’ Willem Krog gesels oor Alleen onder die maan
 More about the book!

Skrywer Willem Krog was onlangs ‘n gas op Die Groot Ontbyt waar hy met Johrné van Huyssteen gesels het oor sy jongste roman, Alleen onder die maan.

Die boek het vanjaar by Jonathan Ball verskyn en speel af in Johannesburg iewers in die nabye toekoms waar feitlik elke aspek van mense se lewens deur ’n sentrale rekenaarstelsel beheer word. Die onderhoud moes noodgedwonge via Skype plaasvind weens die koronavirus.

‘Die boek was nie aanvanklik toekomsfiksie nie, maar hoe meer ek begin skryf het, het ek besef dat ons lewe eintlik alreeds in die toekoms,’ sê Krog. ‘Die belangrike ding is wat word vernietig as ons die toekoms in gaan?’

Die skrywer, wat voltyds in die regsbedryf werk, deel meer oor sy skryfroetine. ‘Vroegoggend is vir my die beste tyd om te skryf, ek hou die aand oop vir lees. Ek staan vieruur in die oggend op en dan skryf ek tot so agtuur se kant.’

Kyk na die fassinerende onderhoud:

Koop die e-boek vandag!

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Alleen onder die maan Die Groot Ontbyt ebooks Interviews Johrné van Huyssteen Jonathan Ball Publishers Videos Willem Krog


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments