C

Johannesburg, iewers in die nabye toekoms: Willem Krog skep ’n alternatiewe wêreld in sy jongste roman Alleen onder die maan

Jonathan Ball stel bekend Alleen onder die maan, ’n roman deur Willem Krog.

Oor die boek

Johannesburg, iewers in die nabye toekoms. Feitlik elke aspek van mense se lewens word deur ’n sentrale rekenaarstelsel beheer: waar hulle mag bly, waarheen hulle mag reis en wat as sosiaal aanvaarbaar beskou word. Polisie-drones maak jag op misdadigers en hofrekenaars lê vonnisse op.

Die jong Pieter Malan, wat hierdie nuwe orde onkrities aanvaar, bots gedurig met sy individualis van ’n pa wat volhou dat daar in hierdie distopiese wêreld net skynvryheid heers. Saam vertrek hulle op ‘n afskeidsbesoek aan die familieplaas in Kroonstad wat intussen in ’n megaplaas omskep is waar robotte al die werk doen.

Op hul reis probeer pa en seun hul weg vind tussen nostalgie en dit wat werklik verlore is.

Oor die outeur

Willem Krog is ’n skrywer en ’n digter wat in Johannesburg as prokureur praktiseer. Hy het ’n meestersgraad in grondwetlike reg. Hy debuteer in 2011 met die fiksiewerk Jacobus terwyl sy eerste bundel poësie, Assignaat, in 2014 gepubliseer is. Hy is ook die skrywer van die regsboek Constitutional Practice and Cases.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Alleen onder die maan Jonathan Ball Publishers New books New releases Willem Krog


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments