C

[Video] Probeer Elmarie Berry se smullekker resep vir Malvapoeding met ’n Pinotagesous uit haar debuutkookboek, Kosbaar
 More about the book!

‘Kos is ’n manier en plek om bymekaar te kom, om rustig te raak en om jou hart oop te maak om te deel, lief te hê en lekker te lag. Geniet die reis en samesyn!’

Penguin Random House SA het ’n video gedeel uit kosblogskrywer Elmarie Berry se debuutkookboek, Kosbaar. In die video vertel Elmarie: ‘Ek gaan vir jou wys hoe om mooi kos maklik te maak sodat jy kan koester wat vir jou kosbaar is.’

Dan wys Elmarie die kykers hoe om Malvapoeding met ’n Pinotagesous voor te berei, en dit lyk hemels!

Kyk na die video:

Kosbaar bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met ’n Libanese ouma toon haar kosvoorkeure ’n goeie mengsel van boerekos met ’n sterk Libanese invloed. Daar is ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert, en party kry ’n nuwe baadjie, soos malvapoeding met ’n pinotagesous, gebakte patat met za’tar-speserye, New York Shake Shack-kaasburgers en stadig geroosterde lamskouer met jogurtplatbrood.

Lees ook:

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Cookbooks Elmarie Berry Kosbaar Malvapoeding met ’n Pinotagesous Penguin Random House SA Recipes Resepte


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments