C

Swart swaan deur Wilken Calitz: ’n Surrealistiese sprokie vir volwassenes oor ’n man wie se verbeelding op ‘n dag vlerke kry
 More about the book!

Die bekende komponis en skrywer Wilken Calitz se debuutroman Swart swaan is nou beskikbaar!

‘Swart swaan is ’n kragtige roman wat aan die soom tussen realiteit en fantasie torring’ – Bibi Slippers

’n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak – ’n ondier met ’n dodelike aptyt.

In die skadu van die dobbelhuis waar Fabian ’n veiligheidswag is, werskaf hy en Mossie, pas uit die tronk, om vir die gedierte ’n blyplek te bou en hom te versorg.

Maar net Fabian weet van die trommel wat hy vroeër in die tuin begrawe het – daar waar die dier nou lê. ’n Trommel wat hom in staat sal stel om sy vrou Merinda, wyndrinker van formaat, vir ’n wyle te help vergeet van die skade aan haar gesig en in haar hart.

Wilken Calitz se Swart swaan is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.

Oor die outeur

Wilken Calitz behaal sy meestersgraad in musiek aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy musiek vir verskeie verhoogstukke komponeer, onder meer vir Vaselinetjie, Drif en Kristalvlakte. Hy het die musiek vir die opera Die vertrek geskryf asook die klankbaan vir die tv-program Honger.

Sy radiodrama Veertig dae behaal ’n tweede plek in RSG se radiodramakompetisie en sy verhoogstuk 2092: God van klank wen die 2013 Woordfees Uitskieterprys en word vir ses Fleur du Cap-teatertoekennings benoem.

Van sy onlangse tekste vir die verhoog sluit in: Veelvoud van bestaan, Karatara en Salome. Hy verwerf ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden. Swart swaan  is sy debuutroman.

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans New books New releases Penguin Random House SA Swart swaan Wilken Calitz


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments