C

Splinternuut by LUCA! Geanker in geloof deur Caitlin Henderson verken Bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou
 More about the book!

Geanker in geloof is ’n storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens. Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien.

Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef. In Geanker in geloof verken ons Bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.

Oor die outeur

Caitlin Henderson is ’n boervrou en ma van drie kinders op ’n plaas in Kansas, VSA, maar sy is ook ’n skrywer, leraar en spreker. Sy het ’n gewilde webjoernaal en ’n podsending, Boldly Pursuing. Caitlin was al die spreker by vele konferensies met bekendes in die Christelike sprekersarena. Sy rig ook vroue af om doelgerigte lewens te lei en hoe om hul besighede en netwerke te gebruik tot eer en verheerliking van die Here.

***

Jy kan nou ’n kans staan om Geanker in geloof en nog vier pragtige LUCA-boeke te wen! Teken in op LUCA se nuusbrief voor 30 Junie 2022 om in aanmerking te kom vir die prys.

Bepalings en voorwaardes geld.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Caitlin Henderson Geanker in geloof LAPA Uitgewers LUCA New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments