C
Smullekker blatjanghoender om die koue mee te stuit – probeer hierdie gratis resep uit Isolasie-inspirasie: Trooskos
Smullekker blatjanghoender om die koue mee te stuit – probeer hierdie gratis resep uit Isolasie-inspirasie: Trooskos
More about the book!
Opsoek na idees vir aandete? Probeer gerus hierdie smullekker resep vir blatjanghoender uit Isolasie-inspirasie: Trooskos.
Bestanddele
- Ekstra Clover Mooi River-botter om mee te smeer
- 8 tot 10 hoenderporsies
- Sout en peper na smaak
- 50 g (1 pakkie) bruinuie-soppoeier
- 250 ml (1 k) kookwater
- 250 ml (1 k) blatjang
- 250 ml (1 k) Clover Cream O’Naise
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smeer ‘n oondvaste bak goed met botter.
- Geur die hoenderstukke met sout en peper. Pak die hoenderstukke in die bak.
- Meng die soppoeier en kookwater tot glad.
- Roer die blatjang en Cream O’Naise by die sop tot goed gemeng.
- Skep die mengsel oor die hoender. Bedek die bak met die deksel of met foelie.
- Bak vir 1½ uur. Verwyder die deksel/foelie en laat verbruin onder die oondelement.
- Sit warm voor saam met rys.
Lewer 6 porsies.
Laai die e-boek af:
Categories Afrikaans Cookery Lifestyle Non-fiction South Africa
Tags Blatjanghoender Clover Onthoukos Cookbooks Isolasie-inspirasie: Trooskos LAPA LAPA Uitgewers Recipes