C

Skep jou eie kulinêre lekkernye met Sjef Mynhardt Joubert se jongste kookboek, My Stasie Straat Kombuis!
 More about the book!

Sjef Mynhardt Joubert kook al die afgelope vyf jaar in sy Stasie Straat Kombuis in die Paarl in die Wes-Kaap waar hy etes vir betalende gaste aanbied, as gasheer vir mediabekendstellings optree, en sy huis as ’n kreatiewe ruimte en fotografiese ateljee gebruik.

Die boek, My Stasie Straat Kombuis, is ’n weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar aanbied. Mynhardt geur alles wat hy doen met geesdrif, lewenslus en sy liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservaringe, van sy kinderjare op ’n plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise in die buiteland en oor Suid-Afrika heen. Sluit by hom aan in die gulhartige en warm omgewing van sy Stasie Straat Kombuis en skep jou eie kulinêre lekkernye, berei met joie de vivre en armsvol liefde.

Ook beskikbaar in Engels as My Station Street Kitchen!

Oor die outeur

Sjef Mynhardt Joubert het meer as ’n dekade gelede in die Kaap aangekom en aanvanklik in ’n wynkroeg in De Waterkant gewerk. Ná ’n mengelmoes van beroepe in die kunste, waaronder as balletdanser, het ’n hele wêreld van kos en wyn voor hom begin oopgaan en het hy verlief daarop geraak. Hy glo daar is niks meer bevredigend as om kos met liefde te berei en te sien hoe dit mense beïnvloed nie.

Sy pad het gelei na Riebeek-Kasteel, waar hy die formidabele Anton Espost en sy vrou, Cecile, ontmoet het. Dit was hulle droom om ’n plattelandse wynkroeg en eetplek te vestig, en só is Bar Bar Black Sheep gebore. Hulle het gekonsentreer op kos wat voorberei is met plaaslike bestanddele en het dit in die eenvoudigste en geurigste kombinasies voorgesit.

Vyf jaar later het Mynhardt deelgeneem aan kykNET se werklikheidskookkompetisie Kokkedoor. Dit was die ondervinding van ’n leeftyd, en hy en sy kookmaat het die kompetisie gewen. Hulle het hulle eerste resepteboek vir die Kokkedoor-handelsmerk ontwerp en gestileer. Sjef Mynhardt was vir ’n paar jaar die handelsmerkambassadeur vir die KWV-bemarkingsveldtog en het meegewerk aan ’n wonderlike webwerf, www.mynhardt.co.za, wat tans aanlyn inhoud vir verskeie sosialemediaplatforms en gedrukte media verskaf.

Categories Afrikaans Cookery Lifestyle Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Cookbooks My Stasie Straat Kombuis My Station Street Kitchen New books New releases Penguin Random House SA Sjef Mynhardt Joubert Stasie Straat Kombuis


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments