SJ Naudé wen die Hertzogprys vir Prosa en die 2022 UJ-prys vir sy bundel kortverhale, Dol heuning! (Plus: Uittreksel)
More about the book!
SJ Naudé se tweede bundel kortverhale, Dol heuning, is die wenner van die gesogte Hertzogprys vir Prosa asook die 2022 UJ-prys!
Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls publiseer SJ Naudé ’n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras en bekoor. Dol heuning verskyn in 2021 in beide Afrikaans en Engels as Mad Honey. Die verhale in hierdie bundel kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns deel die nuus op hul Facebook-blad:
Só beskryf die UJ-prys beoordelaars die verhale in Dol heuning:
‘Hoewel elke sin, elke paragraaf van die uiterste strukturele beheer getuig, beteken dit nie dat die taalgebruik koud en klinies is nie. Die prosa in Dol heuning is liries, soepel en by tye poëties; met elke kortverhaal wat voorsien is van sy eie delikate, tóg leefbare atmosfeer.
Met verrassende verhaalwendings en veelvoudige betekenismoontlikhede ontroer Naudé die leser. Deur sy genuanseerde verkenning van ’n wye spektrum emosies bied hy uiteindelik troos vir die onherbergsaamheid van vandag se wêreld, wat deurgaans in die bundel na vore kom. Elkeen van die verhale is kompleks, subtiel en gesofistikeerd en getuig van Naudé se meesterlike vakmanskap en taalgebruik.’
Veels geluk aan die skrywer!
Lees ook:
- ‘Half giftig, half hemels’: Lees ’n boeiende uittreksel uit Dol heuning deur SJ Naude
- ‘Om stories elders te plaas, maak wyer tematiese velde oop’ – SJ Naudé gesels oor Dol heuning, kuns, taal en queerwees
- Een minuut met SJ Naudé: Lees The Penguin Post vir ’n eksklusiewe onderhoud met die Dol Heuning-outeur
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags 2022 UJ-prys Afrikaans Awards Dol heuning Hertzogprys vir Prosa News Penguin Random House SA SA Akademie vir Wetenskap en Kuns SJ Naudé UJ Prize