C

Rateltaai deur Tinus van Staden: Hoe Ethienne Reynecke dit reggekry het om staande te bly en vas te klou aan hoop
 More about the book!

In 2018 het die doodsengel drie keer aan die oudrugbyspeler Ethienne Reynecke se deur geklop.

Hy het geweier om oop te maak – toe sy milt bars, toe hy ’n beroerte gehad het en toe hy in die agterkop geskiet is. Boonop, ná ’n egskeiding daardie jaar, het sy twee lieflingdogters na ’n ander stad verhuis.

Die noodlot het sy spraakvermoë gesteel en hom sy werk as kommentator by SuperSport gekos. Dit het hom, soos Reynecke dit stel, in ’n pampoen verander. Maar het hy geweier om bes te gee. Dit was ’n stryd om sy krag en woorde te herwin. Tussendeur moes hy pa wees vir jong dogters. Hulle en sy vriende het hom gehelp om ná elke hamerhou op te staan.

Minder as twee jaar later, in Maart 2020, word Reynecke die Suid-Afrikaanse ligswaargewig-amateurkampioen in gemengde gevegskuns (MMA). Hierdie is die storie van hoe Ethienne Reynecke dit reggekry het om staande te bly en vas te klou aan hoop waar wanhoop ander sou meesleur.

‘’n Verhaal wat verstom en inspireer’ – Kobus Wiese

Oor die outeur

Tinus van Staden is ’n Johannesburgse sportskrywer vir Netwerk24 en Rapport wat in Bloemfontein grootgeword het. Die hoogtepunt van sy loopbaan tot dusvêr was om die Wêreldbeker-kriekettoernooi in 2019 in Engeland en Wallis te kon bywoon, die Proteas se vertoning ten spyt.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Ethienne Reynecke LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Rateltaai Rugby Tinus van Staden


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments