C

Raai wat verskyn in Januarie 2023 by Penguin Random House SA? Lokval deur Bettina Wyngaard!
 More about the book!

Nicci de Wee hou haar lyf deesdae privaat speurder. Maar wat as sy ’n kans kry om die skurke wat Tom en Aynaz se dood veroorsaak het, aan die pen te laat ry? Wat as sy ’n internasionale sindikaat wat roof, verkrag en moor vir wins, kan vernietig?

Vir so ’n geleentheid gaan sy tydelik terug polisie toe. Natuurlik betrek sy Blackie, Henk en Stella ook, maar dis nie sonder komplikasies nie. Haar span is dieper geraak deur die verlies van hul kollegas as wat hulle self besef.

Boonop kom die skerpskutter terug wat hulle voorheen gehelp het. Maar is hy vriend of vyand? Hoekom word die name van mense, onmiskenbaar op ’n moordlys, so meedoënloos afgetik deur iemand met ’n koel kop en peperduur smaak in whisky?

Vir Nicci voel dit of die roesagtige reuk van bloed haar agtervolg. En een slagoffer is wreder en meer obseen gemartel as die ander.

Die plot knoop met elke kinkel stywer vas. Roosbome in die tuine van hooggeplaastes verberg die afgryslikste geheime. Voor hul oë neem mensehandel skrikwekkende afmetings aan.

Nicci en haar span se opdrag is: vlek ’n internasionale sindikaat oop.

Daarom moet hulle ’n lokval stel. Maar wie is aas? En wie bobaas?

Oor die outeur

Bettina Wyngaard is die skrywer van Troos vir die gebrokenes (wenner van die Jan Rabie Rapport-prys) en die misdaadromans Vuilspel en Slaafs. Sy het in die regte aan Stellenbosch Universiteit studeer, waarna sy vir etlike jare lank as prokureur gewerk het. Tans is sy die ondervoorsitter van die skrywersorganisasie PEN Afrikaans. Sy woon en werk in die Overberg.

Foto met dank aan Open Book

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Bettina Wyngaard Crime fiction Lokval Misraadroman New books New releases Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments