Nuut deur die skrywer van Adder en Brandmerk: Om beter te kan moor deur Christelle van Rooyen-Wessels
More about the book!
Meer as vyf jaar gelede het die gevaarlike David Francke uit aanhouding ontsnap en na Botswana gevlug. Vir sy ma, Klara, troos die hoop dat hy waarskynlik teen dié tyd al dood is haar waar sy in Amerika woon. Maar dan is daar ’n oproep uit Suid-Afrika wat die mat onder Klara se voete uitruk. Kan dit wees dat haar wreedaard van ’n seun ’n halfbroer het waarvan sy nie geweet het nie?
Wanneer die lyk van ’n jong vrou langs die see by Strand gevind word, begin kaptein Beyers van der Rheede en sy span onmiddellik na haar moordenaar soek. Maar toe dogtertjies begin verdwyn, is dit duidelik dat hulle nie hier met ’n groentjie te doen het nie. Is dit dieselfde moordenaar?
Op Coetzersdal word kaptein André Coghran deur die spoke van die verlede gery. Ook hý ontvang ʼn vreemde oproep. Gaan hy uiteindelik vir David vastrek?
Tussendeur op Gordonsbaai kan die jong musikant, Katherina, nie besluit hoekom die aantreklike nutsman, Hechter Stander, se attensies haar kriewelrig maak nie.
Oor die outeur
Christelle van Rooyen-Wessels is op De Aar gebore en is tans die redakteur van een van die oudste gemeenskapskoerante in die land – die Stellalander. Sy woon in Vryburg in Noordwes. In 2004 ontvang sy die Sanlam Gemeenskapsperstoekenning vir Joernalis van die Jaar: Menslike Nuus. Adder is haar debuut, en in 2020 verskyn haar tweede roman, Brandmerk.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Adder Afrikaans Brandmerk Christelle van Rooyen-Wessels New books New releases Om beter te kan moor Penguin Random House SA