C

Nuut by Penguin Random House SA! Die drie lewens van Hannli Human deur Connie Luyt
 More about the book!

Reeds as ’n dogtertjie in Kenia leer Hannli die pyn van verlies ken. Ná die MauMau-aanvalle, moet sy en haar gesin hul plaas verlaat en Suid-Afrika toe verhuis.

As student beleef sy ’n erge trauma waarvan net haar ouma Hannie, by wie sy haar sesde sintuig geërf het, weet.

Toe kom Buks Vermaak, en ná jare se gesukkel, ’n dogtertjie, Nell. Maar ’n droomhuwelik met Buks was haar nie beskore nie. Toe hy sterf, verkoop sy die huis in Pretoria en gaan woon in hulle strandhuis in Salt Rock.

Sal haar ouma se belofte van ’n gelukkige lewe vir haar hier op Salt Rock waar word – of lê haar geluk verder noord in die Afrika-landskap van haar kindertyd?

Oor die outeur

Connie Luyt is ’n skrywer, ’n vrou, ma, ouma, vriendin en ywerige leser. Sy woon al baie jare in ’n huis vol boeke en ’n tuin vol bome in Pretoria. Geskiedenis en mense is lewenslank haar groot belangstellings. In 2020 verskyn haar roman, Waar onthou begin, by Penguin Random House SA.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Connie Luyt Die drie lewens van Hannli Human New books New releases Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments