C

Net betyds vir Braaimaand! Mynie speel met vuur: Die allerbeste braaiproe-kookboek
 More about the book!

Mynie Steffens bely in haar eie woorde sy is ’n selferkende braaiverslaafde en kook al sedert sy 10 jaar oud was, op die vuur!

‘Alles smaak soveel beter as dit op die vuur gaargemaak word,’ sê sy. ‘Ek soek altyd enige moontlike verskoning om ’n indrukwekkende, daglange braai te reël.’

Danksy die ervaring wat sy oor reis en braai opgedoen het tydens haar TV-kosmaakprogram ‘Speel met vuur’, asook deur spyseniering vir private braaigeleenthede, het Mynie besluit om haar idees verder te voer. Die resultaat is hierdie kookboek van braaiproe-spyskaarte – die beste braaivermaak ooit.

Mynie nooi jou om pret te hê elke keer as jy braai, met alles van spyskaarttemas en smaaklike (dikwels onkonvensionele) resepte tot gepaste musiekspeellyste en prettige feite!

Hetsy jy dus ’n braaigroentjie is of jouself as ’n braaikenner beskou, sluit gerus aan by die partytjie en leer nuwe truuks op Mynie se manier.

Categories Afrikaans Cookery Lifestyle South Africa

Tags Afrikaans Braai Day Cookbooks Mynie Plays with Fire Mynie speel met vuur Mynie Steffens New books New releases Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments