C

Môreaand om 20:00! Moenie die virtuele bekendstelling van Verkleurmannetjie deur François Bloemhof mis nie (24 Aug)
 More about the book!

Kom kuier saam met die skrywer wat weet hoe ’n tiener se kop werk – en hou van hoe dit werk! François Bloemhof gesels met Louis Awerbuck oor sy jongste jeugroman, Verkleurmannetjie,

Moenie dit mis nie!

Besonderhede

Datum: Dinsdag 24 Augustus 2021
Tyd: 20:00 SAST
Plek: Jou woonkamer
Facebook-uitnodiging

Oor die boek

Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad agtergelaat het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s’n? Word hy agtervolg? Alles is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd óm hom …

Soos die titel belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ’n hele TV-reeks, deur ’n skrywer wat weet hoe ’n tiener se kop werk – en hou van hoe dit werk! Hierdie boek is fiksie wat spoke en raaisels insluit. Die verhaal het definitiewe literêre waarde en is ideaal om voorgeskryf te word vir Graad 10 Huistaal en 10-12 Eerste Addisionele Taal.

Oor die outeur

François Bloemhof het sewentien jaar gelede op die literêre verhoog verskyn met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Dit is spoedig opgevolg met ewe populêre boeke, almal spanningsverhale van een of ander aard, totdat hy sy hand gewaag het aan moeilik klassifiseerbare werke soos StorieboekHostis en Klipgooi.

Jong lesers het van sy werk gehou en uitgewers het hom oorreed om vir jong volwassenes ook te skryf, wat hy só suksesvol gedoen het, dat hy ’n ruk lank daarop gefokus het. Hy het gou ’n hele versameling ATKV-Veertjies (’n kompetisie waar jong lesers self die wenboeke kies) op sy rak gehad, langs die pryse wat reeds daar versamel het – vir Slinger-slinger en Nie vir kinders nie ­die Tafelberg/Sanlam Jeugliteratuur Kompetisie.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Book events Book launches François Bloemhof Graffiti-aanlynkuier Jeugroman LAPA LAPA Uitgewers Louis Awerbuck New books New releases Verkleurmannetjie


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments