C

Moenie die bekendstelling van ’n Enkele verhaal: Die jag op ’n reeksverkragter deur Deon Wiggett misloop nie (29 Okt)
 More about the book!

Penguin Random House SA en Graffiti Boeke nooi jou uit na die aanlynbekendstelling van ’n Enkele verhaal deur Deon Wiggett.

In November 2019 het My Only Story, Deon Wiggett se sensasionele weeklikse podsending, Suid-Afrika meegevoer in sy jag op die pedofiel wat hom as skoolseun verkrag het. Nou, in ’n Enkele verhaal, vertel hy vir die eerste keer ’n Afrikaanse storie in Afrikaans – en voltooi hy sy ontmaskering van Willem Breytenbach, die eens briljante onderwyser en latere mediabaas wat ’n donker lewe gelei het.

’n Enkele verhaal is ’n boeiende, deurdagte en verrassend ondeunde storie van een man se vasberadenheid om sy kindertrauma te verwerk, ander te help om hul eie demone in die oë te kyk, en om ’n stukkie skoonheid terug te wen uit die jeug wat hy verloor het. Ook beskikbaar in Engels as My Only Story.

Ivor Price sal in gesprek wees met Deon. Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

Datum: Donderdag 29 Oktober 2020
Tyd: 19:00
Plek: Graffiti Facebook-blad
Facebook-uitnodiging

Posted by Graffiti Books & Stationery on Wednesday, October 21, 2020

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags 'n Enkele Verhaal Aanlynbekendstelling Book events Book launches Deon Wiggett Graffiti Boeke Graffiti-aanlynkuier My Only Story Penguin Random House SA Virtual book launches


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments