C

Maar kan jy braaibroodjies maak? Natuurlik! Probeer hierdie gratis resep vir Griekse Braaibroodjies uit Karlien kan nie kook nie
 More about the book!

Die somervakansie lê om die draai en dan kan jy elke dag braai!

Is jy op soek na ’n maklike braaibroodjieresep wat die hele familie sal geniet? Probeer gerus hierdie resep vir Griekse Braaibroodjies uit Karlien kan nie kook nie – 50 maklike resepte saamgestel deur leefstylsjef Izelle Hoffman wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!

Griekse Braaibroodjies

Bereiding: 10 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute

Bestanddele

  • 8 snye rogbrood of brood van jou keuse
  • 1 rooi-ui, in dun ringe gesny
  • 150 g rosatamaties, in dun skywe gesny
  • 200 g laevet-fetakaas
  • 1 t gedroogde basilie
  • ½ t woestyn- of pienk sout
  • ¼ t growwe swartpeper
  • 1-2 e olyfolie

Metode

  1. Pak vier snye brood uit op ’n werkoppervlak.
  2. Rangskik die skyfies ui en tamatie op die brood en geur met kruie, sout en peper.
  3. Plaas die ander snye brood bo-op.
  4. Verf die brood aan die buitekante met olie en pak dit op die rooster.
  5. Braai oor baie stadige kole tot die broodjies bros en die tamatie en uie sag is.

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Book excerpts Book extracts Griekse Braaibroodjies Izelle Hoffman Karlien kan nie kook nie Karlien van Jaarsveld LAPA LAPA Uitgewers Recipes Resepte


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments