Kyk na die virtuele bekendstelling van Deborah Steinmair se nuutste boek As jy van moord droom op Boekemakranka
More about the book!
Boekemakranka se Analize Viljoen en Trisa Hugo het onlangs met Deborah Steinmair gesels oor haar nuuste boek, As jy van moord droom, uitgegee deur LAPA Uitgewers.
‘Hierdie is ‘n vyfsterboek van die begin af,’ vertel Trisa. Sy en Analize het Deborah gepeper met vrae oor die pragtige voorblad en hoe sy die ‘domestic noire’-genre oftewel verhoudingsriller aangepak het.
Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat beter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte en sê amper nooit enigiets nie. Die eerste ontmoeting is stram en teleurstellend. Analize en Trisa vra: ‘Is daar so iets soos onvoorwaardelike moederliefde?’
‘Ek hou daarvan om stereotipes op hul kop te plaas,’ sê Deborah. ‘Mens wil bietjie teen die grein inskryf, want stereotipes is nie altyd waar nie. Ek hou daarvan om te skryf oor die uitskieter, iemand wat anders is.’
Kyk na die bekendstelling en gesprek:
Ook beskikbaar as e-boek op:
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Analize Viljoen As jy van moord droom Boekemakranka Deborah Steinmair LAPA LAPA Uitgewers Trisa Hugo Video Virtual book launches Virtuele bekendstelling