Kom luister na Sunel Combrinck se voorlesing uit haar debuutverhaal, Hartklop, by Bargain Books Rustenburg! (3 Des)
More about the book!

LAPA Uitgewers en Bargain Books nooi jou graag na ‘n voorlesing uit Sunel Combrinck se debuutverhaal, Hartklop: Die ontwaking van winter.
Hartklop is die eerste verhaal in ‘n opwindende nuwe fantasiereeks deur ‘n belowende debuutskrywer. Moenie haar voorlesing dié Saterdag misloop nie!
Besonderhede
Datum: Saterdag 3 Desember 2022
Tyd: 11:00
Plek: Bargain Books, Platinum Square, Rustenburg
Oor die boek
Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink, en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie.
En dan is daar Colden Breakspear. Die ligtekop, blouoog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla. Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tír na hÓige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?
Oor die outeur
Sunel Combrinck is ’n hoërskool-onderwyseres en jeugleier met ’n hart vir jongmense en stories. Sy bedryf ook ’n skryfskool by Hoërskool Eldoraigne in Centurion waar sy tieners die kuns van storieskryf leer en is ook die Pretoria-afdelingshoof van ROSA, Romance Writers Organisation of South Africa. Tans leef sy haar eie romanse uit saam met haar universiteitsliefde en hulle kosbare, besige, rooikop Bytjie-meisiekind. Hartklop is haar debuutverhaal.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Bargain Books Boekvoorlesing Book events Book launches Hartklop Hartklop: Die ontwaking van winter. LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Rustenburg Sunel Combrinck
1 Votes
Related
- New book alert! I Am Tshiamo: My Transition to Self-acceptance and Womanhood by Tshiamo Modisane
- The Secret of Secrets – the thrilling and long-awaited new novel from globally bestselling author Dan Brown
- Don’t miss the launch of Follow me to Africa by acclaimed author Penny Haw in Hout Bay (25 Feb)
- New Oyinkan Braithwaite coming this September!
- ‘Love comes in so many different forms, but it is always love.’ Read an extract from Tell Me Everything by Elizabeth Strout