C

Wie is so duiwels om die Van Biljons te teister? Vind uit in Die duiwel maak my hart so seer deur François Bloemhof
 More about the book!

Dis 1981 en die maand is Januarie. Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister?

Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar.

Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het. Weg met alles wat jy geleer het om te verwag …

Oor die outeur

François Bloemhof het sewentien jaar gelede op die literêre verhoog verskyn met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Dit is spoedig opgevolg met ewe populêre boeke, almal spanningsverhale van een of ander aard, totdat hy sy hand gewaag het aan moeilik klassifiseerbare werke soos Storieboek, Hostis en Klipgooi. Jong lesers het van sy werk gehou en uitgewers het hom oorreed om vir jong volwassenes ook te skryf, wat hy só suksesvol gedoen het, dat hy ’n ruk lank daarop gefokus het. Hy het gou ’n hele versameling ATKV-Veertjies (’n kompetisie waar jong lesers self die wenboeke kies) op sy rak gehad, langs die pryse wat reeds daar versamel het – vir Slinger-slinger en Nie vir kinders nie ­die Tafelberg/Sanlam Jeugliteratuur Kompetisie.

François is LAPA Uitgewers se Skrywer van die Maand vir Januarie, 2021. Loer gerus na al die ander boeke onder sy blad, insluitend sy jongste jeugroman, Spooksoeker 3.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Die duiwel maak my hart so seer François Bloemhof LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments