C

Hier is vier nuwe Romanzas om jou warm te hou die winter – ook beskikbaar in e-boekformaat
 More about the book!

Soen my, asseblief deur Dina Botha

Anika Stadler verhuis van Bloemfontein af om as ginekoloog en verloskundige by die Krynauw Kliniek te begin werk. Haar eerste ontmoeting met Rynard Krynauw is toe sy ‘wederregtelik’ op die dokters se parkering by Krynauw Kliniek met haar motorfiets parkeer.

Daar is dadelik ’n vonk tussen hulle, en hulle het noodgedwonge heelwat kontak met mekaar, veral toe Rynard aanbied dat Anika op hul landgoed kan kom bly.

Nou beskikbaar as e-boek:

***

Voor ’n oop deur deur Frieda van der Westhuizen

Los jy werklik jou probleme agter wanneer jy die deur daarop sluit?

Marguerite Rossouw, of Magriet, soos almal haar noem, vlug na Sedgefield om beheer oor haar eie lewe te kry. Sy het lanklaas gevoel dat sy haar eie toekoms bepaal: Haar pa het vir haar miljoene rande gelos en haar man is ’n beheervraat.

Sy gebruik die naam Melissa en vind vrede in dié kusdorpie. Hier ontmoet sy Aaron Dorfling, ’n aantreklike vreemdeling wat vir haar blyplek aanbied nadat ’n ongeluk haar van haar geheue beroof.

Wanneer sy uiteindelik haar geheue herwin, besluit sy om haar identiteit ’n geheim  te hou en steeds die naam Nina, soos die verpleegsters haar in die hospitaal gedoop het, te gebruik. Sy besef ook dat sy vir Aaron lief geword het, maar haar ou lewe saam met Paul dreig om haar nuutgevonde geluk saam met Aaron te verwoes.

Nou beskikbaar as e-boek:

***

Roep van die naguil deur Rina Cilliers

Is die roep van ’n naguiltjie Nurinke se beterwete wat haar probeer waarsku? Nurinke kan nie seker wees nie. Wat sy wel weet is dat haar impulsiewe geklouter op ’n spieëlkas om ’n reistas in die hande te kry vir ’n kuier by Frans (haar amperverloofde in Europa) asook die katastrofiese val daarna, meer as net ’n gebreekte enkel vir haar tot gevolg het.

Behalwe ’n belowende loopbaan wat daarmee saam in die niet verdwyn het, is sy boonop genoop om by haar ouma op ’n Karooplaas te gaan herstel. Dis daar waar sy haar ouma se befoeterde wewenaar-buurman, Lood Verwey, met sy stom seuntjie ontmoet wat Nurinke se ewewig laat wankel.

Hoekom ervaar sy opeens gevoelens waarmee sy nog nooit te doen gekry het nie, emosies wat dierbare Frans nog nooit in haar wakker gemaak het nie? Hoekom sê hierdie wewenaar vir haar dinge wat sy nie wil hoor nie, maar wat haar tot stilstand bring? Vuurwarm, hamer sy woorde in haar kop wanneer sy haar oë styf toe maak. Hoekom klink dit soos ’n vals noot in ’n andersins perfekte simfonie? Gaan impulsiewe Nurinke uiteindelik die regte besluit neem? Gaan sy haar ware emosies onderdruk of gaan sy toelaat dat haar hart vlerke kry?

Nou beskikbaar as e-boek:

***

Tersia se Namibdiamant deur Ida Bester

Soms word diamante op die mees ongewone plekke gevind.

Tersia se ideale man is die filmster Ryan Gosling. Sy meet elke man wat sy ontmoet aan haar filmheld. Die woestynlandskap van Namibië is die teenoorgestelde van haar lowerryke tuiste in Durban en die teleurstelling toe haar pos by die koffieplek oorbodig word, strook glad nie met haar Hollywood-lewensuitkyk nie.

Is die blonde Duitser saam met wie sy later gidswerk doen by die spookdorp Kolmanskop werklik, soos haar oupa en ouma vermoed, ’n diamantsmokkelaar? As dit waar is, draai haar ervarings in die Suid-Afrikaanse buurland al haar lewensverwagtinge op hul kop.

Nou beskikbaar as e-boek:

***

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Dina Botha Frieda van der Westhuizen Ida Bester LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Rina Cilliers Roep van die naguil Romanza Soen my asseblief Tersia se Namibdiamant Voor ’n oop deur


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments