C

Nou beskikbaar: Bethel se berg deur Maretha Maartens, naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie 2020
 More about the book!

Dis die onstuimige tagtigerjare.

Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ʼn Kombi. Hulle leef ʼn nomadiese bestaan en bly net vir ʼn kort ruk in een dorp voor hulle na ʼn volgende beweeg.

Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek. Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is. Dat hulle arm is. Dat hulle nie in ʼn regte huis bly nie. Dat hulle ma anders lyk en dink. Dat daar nie ʼn pa saam met hulle is nie.

Al wat Bethel graag wil hê is ʼn plek waar sy haarself kan wees …

Oor die outeur

Maretha Maartens verwerf veral bekendheid met haar kinder- en jeugverhale en verower verskeie pryse in hierdie genre; onder meer: die MER-prys, die Sanlamprys Goud vir Jeuglektuur, die Credo-prys, die HAUM-De Jager-prys, en die JP van der Walt-prys. Benewens haar kinder- en jeugskryfwerk is sy ook bekend vir die groot aantal geestelike en didaktiese boeke wat sy tot dusver gepubliseer het.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Bethel se berg Jeugroman LAPA LAPA se jeugromankompetisie 2020 LAPA Uitgewers Maretha Maartens Naaswenner New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments