C

Graffiti-aanlynkuier: Kom vier die bekendstelling van Die geheime lewe van Gita deur Jacolet van den Berg (6 Julie)
 More about the book!

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag uit na die virtuele bekendstelling van Die geheime lewe van Gita deur Jacolet van den Berg.

Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ’n mantel vir elke okkasie. Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneer sy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is.

Wie is Gita nou eintlik? Skakel in om meer uit te vind.

Alta Cloete sal met Jacolet in gesprek wees. Sien jou dan!

Besonderhede

Datum: Dinsdag 6 Julie 2021
Tyd: 20:00
Plek: Jou woonkamer
Facebook-uitnodiging

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Alta Cloete Book events Book launches Die geheime lewe van Gita Graffiti Boeke Graffiti-aanlynkuier Jacolet van den Berg LAPA Uitgewers


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments