C

Gita het ’n mantel vir elke okkasie, maar hoe lank kan sy wegkruip? Vind uit in Die geheime lewe van Gita deur Jacolet van den Berg
 More about the book!

Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ’n mantel vir elke okkasie. Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneer sy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is.

Maar agter die mantels spook dit by Gita. Haar pa het weggeloop met ’n ander vrou toe sy tien jaar oud was. Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar sien sonder ’n mantel nie.

Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe vrou is. Waar sy nuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei met die amper-blinde tjellospeler, Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap nie. Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe, en Gita het nie genoeg mantels om alkant te dek nie.

Die geheime lewe van Gita is Jacolet van den Berg se eerste volwasse roman by LAPA. Dis ’n lekkerleesroman met komiese oomblikke en baie hart. Gita is ’n vrou met wie almal kan identifiseer. Sy sukkel om mans te vertrou as gevolg van haar ontroue pa en wil niemand naby haar toelaat nie. Sy is op die oppervlak iemand met selfvertroue, maar haar perfeksionistiese ma se verwyte lui gedurig in haar ore. Gita se storie kan enigiemand s’n wees.

Oor die outeur

Jacolet van den Berg het in Bloemfontein grootgeword. Ná ’n draai in Johannesburg het sy en haar gesin in die Paarl nesgeskop waar sy, haar man en drie seuntjies saam met hul uitgebreide dierefamilie op ’n pragtige Bolandse plaas woon. Met drie besige seuns gebeur alles in haar lewe deeltyds – selfs om te slaap! Tyd vir skryf word telkens beperk tot die middernagtelike ure.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Die geheime lewe van Gita Jacolet van den Berg LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments