Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate

Afrikaner-sondebok deur Albert Blake en Fortuine deur Ebbe Dommisse benoem vir die ATKV-Woordveertjies 2022!

Aandag! Die finaliste vir die ATKV-Woordveertjies 2022 is pas bekendgemaak met Afrikaner-sondebok deur Albert Blake en Fortuine deur Ebbe Dommisse op die Prys vir Niefiksie-kortlys!

Fortuine deur Ebbe Dommisse benoem vir die kykNET-Rapport-boekpryse 2022!

Aandag! Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate deur Ebbe Dommisse is pas benoem vir die kykNET-Rapportprys: Niefiksie!

‘Jannie, as jy kat en muis wil speel, moet jy seker maak dat jy die kat is’: Lees ’n uittreksel uit Fortuine deur Ebbe Dommisse

Tussen die vier mure van die restaurant Decameron in die hartjie van Stellenbosch word saketransaksies beslis en betwis. Lees ’n uittreksel uit Fortuine deur Ebbe Dommisse.

Fortuine deur Ebbe Dommisse is terug op die rakke! Gou spring voor dit weer uitverkoop

Aandag! Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate is nou weer landswyd by toonaangewende boekwinkels beskikbaar.

Hoe het Afrikaner-magnate soos Koos Bekker en Christo Wiese hul sakeryke opgebou? Vind uit in Fortuine deur Ebbe Dommisse

Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate deur Ebbe Dommisse vertel hoe Afrikaanse sakeleiers soos Jannie Mouton, Whitey Basson, Koos Bekker en ander hul sakeryke tot stand gebring het.