C

‘Ek het net een dag besluit ek gaan probeer’: Jacolet van den Berg beantwoord 5 vinnige vrae oor haar skryfloopbaan
 More about the book!

Wie is Jacolet van den Berg en wat laat haar tiek? Vind uit in LAPA Uitgewers se onderhoud met die manjifieke skrywer van Die manjifieke ontwaking van Mel en Die geheime lewe van Gita!

Lees die onderhoud:

1. Wat het jou geïnspireer om te begin skryf?

Ek is vandat ek kan onthou baie lief vir stories en veral stories in Afrikaans. Ek is baie trots op Afrikaans en het op skool al probeer om stories te skryf, hoewel ek nooit verder as die eerste paar bladsye gevorder het nie. Die idee was toe beslis daar. As volwassene het ek steeds Afrikaanse storieboeke verslind en het net een dag besluit ek gaan probeer.

2. Watter raad het jy vir voornemende skrywers?

Lees die taal en genre waarin jy wil skryf! Hou mense en situasies dop, want stories gaan nie oor jouself nie.

3. Watter genres lees jy graag?

Historiese romans, inspirerende fiksie en Chiclit.

4. Wie is jou gunstelingskrywer?

Dalene Matthee. Haar bosboeke en Pieternella van die Kaap, my gunsteling, het bygedra tot my liefde vir Afrikaans.

5. Wat wou jy word toe jy klein was?

’n Joernalis wat natuurprogramme oor wilde diere maak!

Lees ook:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Die geheime lewe van Gita Die manjifieke ontwaking van Mel Interviews Jacolet van den Berg LAPA LAPA Uitgewers


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments