‘Dit is ’n vrede wat nooit vervaag nie’ – Sophia Kapp gesels met Naomi Meyer oor haar liefde vir skryf en haar jongste roman, Kanaän
More about the book!
Op 17 Junie 1944 loop Catherine in Chrisjan arms in. Só begin ’n onwaarskynlike liefdesverhaal in Sophia Kapp se historiese roman, Kanaän.
Naomi Meyer het met die skrywer gesels oor haar roman, die sneller van die verhaal, en hoe die Covid-19 pandemie haar kreatiwiteit beïnvloed.
Lees die onderhoud:
Sophia, baie geluk: Jou roman Kanaän was verlede jaar die naasbeste verkoper op Nielsen se boekverkopelys. Het jy nog altyd geweet dat jy wou skryf? Wanneer het jy tot die besef gekom dat jy ’n skrywer is?
Skryf was nog altyd vir my lekker – die enigste ding wat ek op skool geniet het, was opstel skryf – maar ek kon myself vir die eerste keer as ’n skrywer beskou toe ek my debuutroman vasgehou het. Daardie gevoel dat ’n mens iets voltooi het, dat jy iets geskep het wat in die kosmos in is en nooit gaan terugkom nie, dit is ’n vrede wat nooit vervaag nie.
Lees ook:
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Interviews Kanaän LAPA LAPA Uitgewers Litnet Naomi Meyer Sophia Kapp