C

Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Vind uit in Druk speel deur Leon van Nierop
 More about the book!

Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Druk speel is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help filmstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid-Afrikaanse films word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik.

Aspekte soos die volgende word bespreek:

  • verskillende vorme van films
  • kamerawerk
  • redigering
  • kostuums en grimering
  • musiek en klank
  • hoe om resensies te skryf

Oor die samesteller

Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer wat reeds 26 romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse en dramas, ’n kabaret, bindingstekse vir musiekopvoerings, rolprentdraaiboeke, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale en akademiese werke. Hy het die Caxton-toekenning twee keer gekry as beste skrywer en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG/SANLAM-radiodramaskryfkompetisie bekroon. Van sy bekendste TV-reekse sluit Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer in. Laasgenoemde is ook baie suksesvol op die rolprentkringloop vertoon. Hy het die kykNET-sepie Villa Rosa ook geskep en die trefferradioverhaal Stralerjakkers. Van sy bekendste romans is Plesierengel, Adrenalien, Sielsmokkelaar en Verklikker. Vuurvreter was ’n finalis in die ATKV-prys vir spanningsromans in 2011. Leon was byna vier jaar lank hoof van die Filmskool by TUT in Pretoria en spesiale professor in filmstudie. Hy werk tans aan sy volgende draaiboek.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags 'n Filmstudiegids vir die klaskamer Afrikaans Ballade vir ’n enkeling Druk speel LAPA LAPA Uitgewers Leon van Nierop New books New releases Study Guides Wolwedans in die skemer


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments