C

‘Daar is rowwe goed wat in my lewe gebeur het’ – Herman Lategan gesels oor Hoerkind: Die memoires van ’n randeier
 More about the book!

Herman Lategan is beide berug én beroemd vir sy uitgesprokenheid en kwinkslae oor alles onder die son. In Hoerkind vertel hy sy lewensverhaal uit die hart uit, sonder doekies omdraai.

En tog is daar dinge wat hy uit die boek moes hou, het hy onlangs aan Klyntji-skrywer Ingrid Heÿdenrÿch beken. Dinge wat ‘die Afrikaners gaan upset…’

Lees die onderhoud:

Aanvanklik was die idee om Hoerkind slegs in Afrikaans uit te gee, maar hy werk nou aan die Engelse vertaling daarvan, wat ook meer stories as die oorspronklike gaan inhou. ‘Kyk, ek is klaar eerlik in hierdie boek. Maar daar is goed wat ek nie vir die Afrikaanse leser kon insit nie.’ Volgens hom het hy, so eerlik as wat Hoerkind is, wel ’n mate van sensuur toegepas. ‘Ek wil nie meerderwaardig klink nie, maar die Afrikaanse milieu is baie eng. Konserwatief, nog steeds. Daar is rowwe goed wat in my lewe gebeur het, wat ek uit hierdie boek moes hou. Ek moes bietjie sensureer – al die blowjobs wat ek gegee het. Die kattemaai en koekeloer, die drug scene.’ Hy sê dat hy in die Engelse vertaling dinge gaan byvoeg wat ‘die Afrikaners gaan upset.’

Lees verder: Klyntji

Lees ook:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Herman Lategan Hoerkind Hoerkind: Die memoires van 'n randeier Ingrid Heydenrych Interviews Klyntji Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments