C

‘Ek vergader, stof af, polish en bêre gebeure vir latere gebruik’ – Herman Lategan gesels oor Hoerkind, taal en sy liefde vir stories
 More about the book!

Debbie Loots het onlangs met Herman Lategan gesels oor sy aangrypende memoir, Hoerkind, wat pas by Penguin Random House SA verskyn het.

In Hoerkind vertel hy hoe hy een warm Februarienag in 1964 in ’n losieshuis in Kaapstad buite die eg verwek is. Hoe hy van jongs af soos ’n weggooimens gevoel het. En hoe hy op 13 in die kloue van ’n geslepe pedofiel beland het.

In ’n taverna in Paardeneiland vertel Herman vir Debbie dat hy sy liefde vir stories by sy ma geërf het. Hy vertel ook hoe hy en sy ma in Lutzville-plaaswerkers se huisies vir sy stiefpa moes wegkruip.

Lees die onderhoud:

Herman noem hom die grootste holborsel onder die son. ‘Hy het op ons geskiet met ’n geweer,’ sê hy. ‘Vir my en my ma en die plaaswerkers aangerand. Hulle met die dopsisteem betaal. Hulle verneder. Die mense wat ons beskerm het, op wie se vloere ons geslaap het. Hy was ’n psigopaat.’

Maar Hoerkind is nie net ’n verhaal van onbevoegde ouers en hul gebrekkige versorging van hul kind nie. Dis ’n storie van ’n samelewing se Calvinisme, politiek en kultuur wat die land en sy mense in die steek gelaat het. Maar Herman sê hy glo op ’n goeie dag dat ’n mens se ervarings, goed of sleg, nie vermors is in die hande van ’n skrywer of kunstenaar nie. Hy gebruik alles wat met hom gebeur in sy werk. ‘Ek vergader, stof af, polish en bêre gebeure vir latere gebruik.’

Lees ook:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Herman Lategan Hoerkind Interviews Litnet Onderhoude Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments