C

‘Ons is sterker as wat ons dink, ons is veerkragtig’: Herman Lategan gesels met Phyllis Green oor Hoerkind
 More about the book!

Phyllis Green het onlangs ’n hartroerende onderhoud gevoer met Herman Lategan oor sy jongste boek, Hoerkind: Die memoires van ’n randeier.

In die inleiding tot die onderhoud beskryf Phyllis hoe Herman sy woorde verloor het toe sy ma hom as sesjarige seuntjie by die kinderhuis afgelaai het. Sy gesels met die skrywer oor hoe hy weer sy woorde gevind het, die donkerte waarmee hy steeds vandag worstel, die randeiers wat hy as kind en jongmens ontmoet het, en die verlammende gevoel van ‘nooit goed genoeg’ wees nie.

Lees die onderhoud:

Jy skryf oor jou erge trauma toe jy kinderhuis toe moes gaan, die gemis, die swak selfbeeld ens. Jy verwys ook na die Peggy Lee-sindroom. Maar ek wil jou vra oor hierdie sin: ‘Jare later toe ek terapie gekry het, was dit my oerwond.’ Hoe moeilik was dit vir jou as volwassene om terug te stap in jou verlede, na jou kindertyd, en om daardie oerwond se roof af te krap, sodat daar uiteindelik genesing kon plaasvind?

Hmmm … ek weet nie van genesing nie. Ek vermoed jy dra daardie oerwond vir altyd saam met jou. Maar jy leer hoe om dit te bestuur.

Daar is geen magiese oplossing nie. Terapie help, maar dit vang jou onverwags. Die leegheid, onsekerheid, donkerte, tog maar alles deel van die lewe.

Ons is sterker as wat ons dink, ons is veerkragtig.

Die mens wat jy vandag is, het voorgeslagte wat miljoene jare terugstrek en hier staan jy, jy het dit als oorleef.

Ja, dit is moeilik om terug te stap in jou verlede, maar niks was verniet of onnodig nie. Elke terugslag is ’n eelt op jou voet wat jou help om kaalvoet oor hierdie berge te stap. Maar stap sal jy!

Lees ook:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Herman Lategan Hoerkind Interviews Penguin Random House SA Phyllis Green Sarie


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments